Bedieninge

Kleuter-, Kinder en Tienerbediening

Kinders speel 'n sleutel rol in die kerk.  Jesus self het sterk klem daarop gelê. Ons bied aktiewe, praktiese en lewendige programme  aan vir ons kleuters, kinders en tieners.  Terwyl Pappa en Mamma elke Sondag oggend om 09h00 in die hoofdiens sit, het ons lekker pret en doen 'fun-stuff'!

Hierdie bediening is verdeel in 3 ouderdomsgroepe:
  • Kleuters: 3 - 6 jaar
  • Kinders : 7 - 12 jaar
  • Tieners: 13 - 15 jaar
Elke afdeling word op hul eie vlak bedien met verstaanbare, praktiese middels sodat hulle dit kan geniet.

Indien u meer inligting verlang, kontak asb. Jaco van der Walt 072 230 1253 - Thea van der Walt 082 662 4395
            

Zóé Youth Church

Vandag se jeug....is hip, funky, loud, proud, outrageous en bold.  Gewone, ou, uitgediende en tradisionele maniere van dinge doen lok eenvoudig nie moderne jongmense nie.  Om vandag 'n verskil te maak, moet jy nie 'in' wees nie, maar 'uit'.

"You weren't made to fit in, you were made to stand out!"

Dis presies wat ons doen met ons Jeugbediening.  Ons maak dit lekker en ons maak 'n verskil...Al is dit deur lekker praise & worship, ligte, rook, harde musiek...dit gebeur.  

Dit wat ons doen is besonders...
Kom en kyk self elke Sondag aand om 17:30

Indien u enige verdere inligting verlang, kontak die kerkkantoor by 079 882 7316

Jong Getroudes

Deel van ons jeugbediening is dié van die jong getroudes.  Ons het geleenthede waar ons net lekker saam kuier, eet, speletjies speel en net mekaar geniet.

Indien u betrokke wil raak van hierdie bediening, kontak vir Stephen Holloway 082 905 3086 - Madeleine Holloway 082 320 1215

 Bejaarde Bediening

Senior burgers is vir ons baie belangrik.  

Indien u enige inligting verlang, kontak asb vir Neels Smit 079 019 9799 - Lileen Smit 082 759 7395

 Gebedsgroep

Elke Woensdag aand om 19:00 kom hierdie groep bidders bymekaar en tree in vir die gemeenskap, die gemeentes, individue, spesifieke gebedsversoeke.

Indien u enige inligting verlang, kontak asb vir Neels Smit 079 019 9799 - Lileen Smit 082 759 7395

Vaardigheidsentrum

"The Community Shack" is 'n vaardigheidsentrum op ons kerkgronde. Die doel van die sentrum is om veral vroue in die gemeenskap te bemagtig deur vaardigheidsontwikkeling en om 'n platform te skep waar finale produkte aan die publiek verkoop kan word. Ons bied praktiese klasse aan wat mense aanspoor om uiting te gee aan hul kreatiewe denke.

"The Community Shack" is:
  • 'n Vaardigheidsentrum
  • 'n Koffie winkel
  • 'n Tuisnywerheid
  • 'n Boekwinkel            

Die produkte van die tuisnywerheid en vaardigheidsentrum wat te koop aangebied word aan die publiek word deur lede van die gemeenskap gemaak vir die gemeenskap om te geniet.

Elke Vrydag en Saterdag word daar klasse aangebied vananf 10:00-12:00 in onder andere:

  • "Scrapbooking"
  • Naaldwerk
  • Mosaic
  • Verf tegnieke
  • Kralewerk
  • "Paper Maché"
  • en nog vele meer

Indien u meer inligting verlang, kontak Susan van den Berg 082 416 6676

 Sang en Musiek Span

'n Deel van ons gemeente se strategie is om 'n aanbiddingskultuur te skep deur lofprysing en aanbidding.  Lofprysing en aanbidding speel 'n kern rol in ons dienste en vorm die grondslag vir effektiewe Woordbediening.  Dit is ons Sang en Musiekspan se doen om die bruid van Christus na die troonkamer van God te lei deur sang en musiek.

Om deel te raak van hierdie span word oudisies afgelê in die area van belangstelling.  Indien nodig, verskaf ons ook opleiding sodat die betrokke persoon se bediening tot volle potensiaal ontwikkel kan word.

God woon onder die lofsange van sy volk en dis waarom dit vir ons 'n voorreg is om vir Hom, die Koning van alle Konings, te sing, te speel, te dans en Hom alleen te verheerlik.

Vir meer inligting, kontak kerkkantoor by 079 882 7316


Make a Free Website with Yola.